Awesome service from first moment of contact. Thanx for all the assistance received. Will recommend you to everyone that needs help.
Marti Vermeulen – 10/10

Baie dankie vir die goeie diens ontvang. Ons waardeur dit opreg.
Leon Vermeulen – 10/10

Dankie baie vir al die moeite, julle dien word regtig baie wardeur.
Melissa Wasserman Els – 10/10

Very grateful that you assisted us as quick as you did. Hopefully our cases will be finalized quick.
Loius Vermeulen – 10/10

Quick response. Regular feedback. Great understanding of the case.
Pierre Jansen van Rensburg – 10/10

Thank you for the great service you provided me with regarding my dog bite claim. You are a true helping hand in my time of need. My family and I will be thankful towards you forever.
Louw Pelser – 10/10

Baie goeie diens ontvang. Briljant in alle sake wat hulle aanpak.
Ina Murphy – 10/10

Dankie vir u hulp en ondersteuning.
Mathys Neethling – 10/10

ATTENTION:Annelie
Claims S.A

This is just a short note to say thank you for helping me with my claim when I thought I had no leg to stand on.THANK YOU CLAIMS S.A and keep up the good work,your’e work is very professional.

Kindest Regards
Mr. Joe Busse

Ek Marinda Momberg, wil net dankie se vir die goeie uitstekinde diens wat ek ontvang het. Van dag een af tot nou. Ek sal enige iemand na jule verwys ek was nog net goed behandel. Julle is n goeie span om mee te werk. Die vriendelikheid en bedagsaamheid  word waardeer. Weereens baie dankie

Ek wil net baie dankie se aan Annelie en Gareth van Claims SA vir hulle vriendelike diens. Ek sal enige iemand aanbeveel om van Claims SA se dienste gebruik te maak. Dankie vir julle puik diens Annelie en Garith. Hou die blink kant bo. –  Isabella Britz(Medical Malpractice)

Ek wil net baie dankiew se aan Natashja en Anneli, my man is 2007 oorlede(ongeluk) niemand kon my help met RAF nie en hulle het altyd stories gehad. Ek het Natashja se add gesien op FB (‘n paar keer) en so haar gekontak. In ‘n week se tyd het ek met ‘n prokereur in kontak gekom. En nou volgende jaar Mei is die hof saak teen RAF. Waar niemand anders wou help nie het julle en ek wil vir julle vreeslik baie dankie se!! Julle verander mense se lewe vir die positiewe. Mense moet nie op….gee nie daar is altyd iemand wat kan help!!! – Lizette Koen

Hi Estie net om te se ek is baie tevrede  met julle diens by Claims SA julle is op di ball was vinnig by my  om di  bal aan di rol te kry dankie vi julle puik diens. – Mona van Wyk-Brakpan

Goeie middag almal

Kom ek vertel jul dat jul glad nie verkeurd kan gaan met Claim SA nie ..ek het Natacha gebel haar diens was vinnig en vriendelik ..nie lank daarna is ek geskakel deur CEO Annelie

En my saak is aan die rol.hulle diens is vinnig en uitstekend dankie Claims SA en jul hele span ..n spesiale dank aan Natacha .Annelie .

Julle span sal geseen word

Shane Boshoff  –  Springs

Wil net vir Annelie van Rensburg, Christine de Jongh, Chantal Watermeyer by Claims SA se duisende dankies vir al jul hulp met Danny Venter se ongeluk vrydagaand. Toe Anthony Doncaster jul bel was jul op die bol en dadelik ons gehelp. Sonder jul bystand en hulp kon dinge nie so goed uitgedraai het. Jul 3 was Engele. Duisende dankies vir jul vriendelike en awesome diens. Sal jul definitief vir almal aanbeveel. Julle is AMAZING!!! – Magriet Barnard

TESTIMONIAL

Everybody this is a special letter to inform the public that CLAIMS SA is the BEST!

Why do I say so, never ever I’ve discovered a company that first of all does the following:

                       1. Excellent service

                       2. Friendly and very helpful staff

                       3. Quick response

                       4. Very much efficient when it comes to completing forms

                       5. Feedback is provided within a week

I got their information on Facebook spoke to a lady called Natacha and the moment I forward all my details and evidence with regards to my car accident to her she was very patient, friendly and all the above I’ve mentioned.

People although I’m still waiting on the outcome of my claim I am positive that something good will come out of this.

So please, if you ever was or been in a car accident and need to claim a Road Accident claim feel free to go on their website  – www.claimssa.co.za

Hope this will help and satisfy a lot of people which is still struggling with Road Accident claims.

Regards.

Petula Frantz

I would like to thank Claims SA and their divisions for their excellent support. They have really gone the extra mile to help people in need and highly recommend them for future incidents and claims. I met Annelie Van Rensburg who has been working with my case and her team, she provided timely and helpful advice, Annelie Van Rensburg was extremely attentive and she listened to all my concerns with a great deal of patience, she has a caring approach and she is a true professional as well as her team working for her. I don’t know what I would have done without her in my life I am so thankful. I would like to commend Annelie Van Rensburg for her professionalism and superlative skills. Claims SA is well organized, dependable, timely, trustworthy, loyal, committed and always brings a positive attitude without doubt. Claims SA are blessed. – René Jansen Pretoria

Hey guys do yourself a favour and contact this amazing women can sort some of our bikers out! Annelie Van Rensburg Its about time someone stands up for us bikers – Mnr. Anthony Doncaster

Ons was Mei maand in n motor ongeluk, ek het n advertensi gesien van Christine bt SA Claims en haar kontak, sy het baie gehelp en ook gereël dat Annelie, hul CEO van SA Claims ons nog dieselfde aand skakel, danksy SA Claims wat ons sake hanteer en gereeld kontak hou met ons weet ons altyd wat aangaan, ek sal SA Claims altyd aanbeveel, baie dankie – Mev.Lelanie Nel

Wil net n hartlike dankie se aan en Christine De Jongh en Annelie van Rensburg deur dik en dun saam met my gegaan het in verband met my RAF Claim. Altyd vriendelik en behulpsaam. Annelie het uit haar pad gegaan om iemand te kry om my te help. Waar kry mens nog sulke wonderlike mense wat actually belangstel in jou welstand en gesondheid? Of dit n goeie eis, geen eis of net n oops was, Ek sal verewig dankbaar wees vir jul hulp. Jul is nie meer vir my net kennisse nie… Jul is vir my vriendinne, jul is deel van my familie. Bitter baie dankie vir alles. Mag die Here julle ryklik Seen. Dankie vir alles. – Mej. J. Smith. Pretoria

13 Februarie 2016 was ‘n dag wat ons nie vinnig sal vergeet nie, weens ‘n “fout” wat ‘n sekere padwerke groep gemaak het, was Phillip in ‘n lelike motorfiets ongeluk as passasier op ‘n ander bike en tussen al die “jammer om te hoor” en “sterkte met die recovery” boodskappe was daar ook iets van SA Claims met Christine se naam by, ons het besluit om Christine ‘n lui te gee en te hoor wat staan ons te doen na hierdie ongeluk, sy het dadelik soveel moeite gedoen om ons te help en ons is die volgende dag reeds verwys na Annelie en het ons ‘n persoonlike oproep gekry om te simpatiseer en ook te verduidelik wat ons kan doen. Annelie het vir ons al die nodige dokumente gestuur om in te vul, gehelp met enige vraag wat ons gehad het en al was dit net ‘n whats app boodskappie om te vra hoe ons vorder met als, sy het gedurig in kontak gebly. As so ongeluk so skulik op jou pad kom, dan verloor jy alle perspektief en kan nie helder dink nie en ek dink ook dat meeste mense nie eers besef dat daar iets is wat hulle kan doen aan die saak nie. Deur die tyd het Annelie soos ‘n vriendin geword vir ons en ons van al SA Claims se ander dienste vertel en ek kan met ‘n geruste hart sê dat ek SA Claims vir almal sal aanbeveel wat hulp nodig het met enige van die dienste wat hulle bied, nie net is hulle ‘n professionele span mense nie, maar hulle het ook simpatie en empatie, hulle maak ‘n punt daarvan om persoonlik betrokke te raak by elke saak wat hulle behartig en met die vriendelikheid wat hulle mens behandel, maak hulle dinge soveel makliker. Dankie Annelie vir jou vriendelike hulp en bystand, dankie dat jy 24uur beskikbaar is en dankie dat jy soveel moeite doen, dit is waarlik ‘n riem onder die hart om te weet daar is mense daar buite wat omgee en verstaan. Dankie SA Claims vir julle bystand en wonderlike diens. – Meneer P. Jonck. Kroonstad

Ek wil net uit my hart dki say vir julle blad en julle mense wat so hard werk om ons lewens stabiel te hou. Ekt n konsultasie gehad so week terug en weet julle die blad kort 5 stars. Ek voel heeltemal tevrede met wat ek in my konsultasie bvereik het met julle konsultant. Sy het my op my genmak laat voel ,baie dankie vir mense soos julle. God seen julle blad en werk. – Mev. M du Plessis. Gauteng

Ek wil net vir Annelie Van Rensburg en haar span baie baie dankie se vir puik vinnige diens.  Ek was in bike ongeluk in 2013 en het vroeër die jaar uit gevind dat ek kan claim by R.A.F. Hulle het my al die inligting voorsien met oproepe en mail. Sal enige tyd ieman verwys na claims sa toe. Lekker dag almal. Nogmaals baie dankie. – Meneer P. Olivier

Annelie Van Rensburg, ek wil net vir jou baie dankie se vir jou insig en raad. Toe ek nie meer geweet het watter kant toe nie en almal wat ek om hulpgevra het weggeloop het, het jy ingeloop. alhoewel jy nie nodig gehad het nie.  En n groot verskil gemaak. Jy het my nie net raad gegee nie maar ook hoop. Jou kliente kan verseker weet met jou aan die stuur is hulle in veilige hande. – Me. Petro van Heerden. Mpumalanga

Annelie, baie dankie vir jou vinnige diens met advies en omgee. – Christo Adendorf

Ek en my gesin was oppad op vakansie toe ons in n ongeluk beland het.

 Ons was maar baie onseker wat om te doen in so geval. My vrou was twee keer in die hospital en ons het maar baie skok gehad. Ek het my suster wat in die polisie is geraadpleeg oor gevalle soos die want n mens kom nie aldag in kontak met die tipe goed nie. Sy het my aanbeveel om Nelspruit toe te gaan waar die hoofkantoor is. Ek was nie lus vir die ver pad nie want my vrou wou nie so ver ry na al die skok van die ongeluk nie. Ek het een aand gele en deur facebook gegaan toe ek op “claims SA “ af kom.

Dit was seker maar genade van bo dat ek op dit af gekom het anders sou ek alles net daar gelos het. En dit is toe dat ek die engel van bo ontmoet en haar naam is Annelie van Rensburg . Sy het van dag een af my met al my vra en probleme gehelp. Daar is so baie oproepe van haar kant gemaak en sy het altyd terug gebel maak nie saak hoe laat dit is nie. Sy is ook n moeder en het gehelp in die nagtlike ure om probleme op te los. Elke keer wat sy bel of n boodskap stuur word daar gevra hoe dit gaan en of gesin nog ok is.

Sy het my stap vir stap gehelp met die aansoek vorms want ek kon nie Randburg toe ry om dit te gaan in vul nie. Met die ongeluks verslag was daar baie informasie wat nie in gevul was deur die polisie nie. Annelie het vir elke probleem n oplossing gehad . Ek het later nie vir een sekonde in haar getwyfel as sy iets verduidelik het nie. Sy laat n mens voel of jy haar vir jare al ken, sy is baie spontaan en stel jou gerus sy laat n mens positief voel oor alles wat gebeur het in n mens se omstandighede. Ek kan met groot gemoedsrus vir

Annelie van Rensburg aanbeveel en ek sal ook vir elke persoon wat ek ken of van  hoor wat haar hulp sal waardeur in kennis stel.

Annelie as almal jou hart gehad het sou Suid Afrika n baie beter plek wees.

Nogmaals Dankie

M.Barnard, Secunda

Ek het n mediese nalaatigheids Eis gehad. Ek het van Annelie en Claims SA gehoor, hulle geskakel en is dadelik gehelp met alle    dokumente ens. Hulle diens is uitstekend – Nicolene  Van Oranjeville.

Ek was in n kar ongeluk en het Claims SA genader om my te help met my eis. Diens was uitsteekend!!Annelie is atyd vriendelik en my gereeld gebel oor alles, sy is awesome. – Corne Van Hysteen, Johannesburg

November 2015 het my lewe verander. Ek was oppad na n heerlike gesins braai, toe ek verby n vragmotor gery het

met my motorfiets. En n ander voertuig besluit het hy gaan ook die trok verby gaan en my getref het. Ek het deur die voertuig se ruit. En ander Kant uit, sonder my helmet(weet  nie hoe), ek is per helikopter gevat na die naaste hospitaal waar ek lank in n koma was. Ek kon niks onthou van my ongeluk of lewe voor dit nie. Wel net dat ek n dogtertjie het.Ek en my gesin is oorval met mense wat opdaag by die hospitaal en alle vorms wou geteken he, en my eis wou doen.

Ek het nie eers n idee hoe die mense hulle inligting bekom nie. Ek was deurmekaar en verward.Ek het na my ontslag self rond gekyk na my opsies. En sodoende Claims SA gekontak deur middel van Christine De Jong. Die dame was so aangenaam en dadelik bekommerd oor my welstand. Geensins het sy eenkeer dukumente onder my neus gedruk, ekt die gevoel gekry dat dit meer gaan oor my welstand as iets Anders. Sy het aan my genoem dat Annelie my sal kontak en verder help. Weereens was ek verbaas toe Annelie Van Rensburg my kontak. Vir haar was dit ook eers belangrik dat ek emosioneel en fisies gesond was. Gereelde oproepe is gemaak en na my welstand verneem. Annelie het vir my vervoer gereel hositaal en polisistasie toe. Ek het deel geword van n groot gesin van Claims SA. Meeste van my eie familie bly in New Zeeland, en hier kry ek nie net puik diens nie, maar ware omgee en simpatie.

Die mense het harte van Goud.Annelie doen wonders aan n mes en help waar sy kan, en ek seker sy kan hard veg

vir enige mens se regte.Baie Dankie Chrisitine De Jong en Annelie Van Rensburg, ek sal enige mens verwys na julle.

Julle ROCK!!

Nicky Rheeder, Vereeniging.

Ek was in n baie slegte motorfiets ongeluk 2015, ek Claims SA gekontak, en ek wil net baie dankie se vir die uitstekende diens en bystand en raad wat julle my gebied het. Alles is net soveel makliker vir my dis fantasties om saam met mense te werk wat soveel omgee. – Marthie Strydom, Rustenburg.

I was in a minor accident January 2016, no serious injuries. But my car was a total wreck. I went online looking for assistance, and filled in a form on the Claims SA site, and other sites also.But only Annelie phoned me the same day, and the service was so friendly, in 24hours she handled my documents and was my claim in for processes. In these days where people don’t know what is client services, its Refreshing to deal with a company that have client

services rated so high. I will highly recommend this company to everyone !

Kindest Regards.

M. Maseka. Witpoortjie

I was a young mom when I had my baby, and when the Doctor told me my baby have CP, I thought it was my fault, that I have done something wrong. Even when I was young I did see the Doctor was not doing stuff with the birth that was not right.  My baby is now 4 and its heart breaking to see my baby just sitting like that, that he never will play and grow and study. My aunty dealt with Annelie with the car accident and told me to speak to this friendly lady. She feltlike my mom, and help me join support groups and gave me advice on how do deal with my baby. I even could ask her advice after hours when my baby was feeling sick. She listen to my story, and look at my files. She advice me that due to medical negligence my baby has Cp. I got the help, and me and my baby are treated like persons. Even I don’t have education, and status, she made me feel like a person, and feels like my family now. I cant give enough thanks to this lady and company. Justice will be done for my baby. Thank God for people like this, that watch out for pour people like us. – Martha Dlamini. Braamfontein.

I would like to thank and appreciate the hard work put in by Annelie Van Rensburg of Claims SA. I was admitted into hospital for a gastro copy (camera in stomach) as I had extreme abdominal pain. In theatre I was put to sleep. First time, as I had about thirty procedure like this before – no sleep. When I was taken out of theatre I had two holes in my chest, one was bleeding badly, and I had very bad pain in my chest and had problems breathing. I was left in this state, and only after four hours, x-rays was done and found that my lung was collapsed due to the holes inserted into my lung in theatre..

I was rushed back to theatre to repair the damage. I Contacted Annelie for a possible Medical Negligence. She went through her panel and I was rejected due to the fact that I smoked. Annelie looked at the way I saw it as a mistake. Annelie went out of her way to get me the help I need, and have my case looked at and accepted.  I take of my hat for this lady,for thinking of people in need. I would really recommend Claims SA especially Annelie to find a lawyer for any claims and they will go out their way.

Tony Du Preez. Springs

I was busy doing shopping at the local supermarket, when I slipped on a wet floor and broke my ankle and right arm.

Thank you Claims SA for your fast and friendly assistance!

Pule Mpele, Mamelodi.

Hiermee wil ek met groot danksegging vir Annelie bedank vir die wonderlike wyse waarop sy my gehelp het met die nodige inligting, verwysings en aanbevelings ten opsigte van my Motorfiets-ongelukseis wat ek met haar hulp kon hangend gemaak het.

Annelie jy is voorwaar n person wat haar uitleef in haar werk, met groot toewyding!!!

Nogmaals baie dankie vir alles!

WO R Joubert

HRD Development

Northern Cape HRD

Ek was in 2014 in n baie ernstige motor ongeluk en moes volgens die dokters nie vandag gelewe het nie. ‘n Ander voertuig het voor my n U draai gemaak.

My verloofde het dadelik die derde party in kennis gestel, min het ons geweet dat dit die begin van groot nagmerries gaan word. My verloofde moes letterlik al die inligting, dokumente en polisie verslae vir hulle gaan haal het en dit dan aangestuur. Hulle het ons in die donker gehou en ons het nooit geweet hoe die eis vorder nie.

Dit het ons letterlik tot 4 maande gevat om hulle in die hande te kry en dan nog het hulle geen inligting vir ons gegee nie. So het dit vir ‘n jaar aangegaan totdat Christine en Annelie my pad gekruis het. Ons het die eerste prokureurs in die pad gesteek en het die saak oor gegee aan Claims SA. Ek was skaars 2 maande by hulle en dinge het vinnig begin gebeur.

Ek het selfs al ‘n afspraak met een van hul dokters gehad en hul prokureur het my by my huis kom besoek. Dinge gebeur vinnig saam met die nuwe prokureurs. Wat my verbaas is die feit dat hulle werklik omgee oor die mense en ek word gereeld gekontak om my op hoogte te hou van die vordering. Mense, moenie dieselfde fout maak as wat ek gemaak het nie. Jy het die reg aan jou kant om prokureurs in die pad te steek as jy nie gelukkig is met hul diens nie. Ek is meer as gelukkig met die nuwe mense wat nou my saak hanteer. Hulle het meer gedoen binne 2 maande as wat die vorige mense gedoen het binne n jaar.

Vat my advies en gebruik vir Claims SA as jy goeie diens nodig het.

Die goeie punt met die nuwe prokureurs wat my nou help is die feit dat hulle enige saak aan sal vat regoor Suid Afrika.

Ek bly in Germiston, Johannesburg en hulle het vinnig te werk gegaan om my te kom sien.

Gerrie Merrick

Ek was in ‘n groot motorfiets ongeluk, Claims SA het na amper twee jaar se swaarkry my lewe verander.

Was eers by ‘n ander prokureur vir twee jaar wat hul niks gedoen het nie en niks voorberei het nie.

Toe benader ek vir Estie Nel van Claims SA, wat my saak na Annelie verwys het.

Annelie het wondere verrig en uit haar pad gegaan om my te help.

Annelie kan regtig enige tyd gekontak word, sy is ‘n regte engel.

Dankie, Annelie, vir alles.

Louis Fourie, Lydenburg.

Hiermee wil ek net graag my dank uitspreek teenoor Annelie van Rensburg wat besig is om my saak teenoor die staadshospitaal te hanteer wat my regterbeen verkeerdelik geamputeer het.

Annelie volg gereeld op en het reeds mense uitgestuur van ‘n prokureurs kantoor en ook die prokureur was self by my gewees.

Moet erken die diens is baie vinnig en sy en almal met wie ek al kontak gemaak het, is geweldig vriendelik en weens beroerte is ek bietjie stadig en hulle almal is geduldig en verduidelik ook baie mooi die prosedures aan my.

Groete en Sterkte.

Johann Cronje, Sasolburg.

Ek was in 2014 in n motorfiets ongeluk gewees. Het ‘n ‘open fracture’ gehad op my maermerrie.

Dr’s het nie die wond skoongemaak nie en ekt baie seer ervaar by my enkel, so gestuur vir ekstrale en sodoende besef dat ek n hairline fracture opgedoen het (dit was die pyn op my enkels).

Was vir byna 19 ure in casualties by n staatshospitaal, nadat ek by n privaat hospitaal was.

Het nooit gedink daaraan om n eis in te dien nie.

Tot ek eendag op Christine se advertensie reageer het, en so verwys is na Annelie wat my bygestaan het en al die prosedures verduidelik het en sodoende verwys het na n prokureur.

Met die paneel spesialiste waaroor sy beskik, was my eis n groot sukses! Sonder Claims SA, sou ek tot en met vandag, steeds met pyn geleef het en alles net gelos het.

Hulle gee baie om vir ieder en elkeen van die eise wat ingedien word!

Sal Claims SA aan enige persoon aanbeveel wat sukkel met hul eis.

Maria Smit, Pretoria.